​Droomhuise: 12 voorafvervaardigde ontwerpe

Johannes van Graan Johannes van Graan
VIMOB by COLECTIVO CREATIVO , COLECTIVO CREATIVO COLECTIVO CREATIVO Maisons modernes
Loading admin actions …

Voorafvervaardigde huise se gewildheid hier in Suid-Afrika is dalk nie so groot soos oorsee nie, maar al hoe meer mense begin besef hoe kreatief hulle kan raak as hulle met hierdie boumetode gaan i.p.v. die tradisionele een. En dan praat ons nie eers van hoeveel goedkoper dit kan wees nie (afhangende, natuurlik, van die grootte van die huis, die bouers, die erf, ens.), of die tyd wat dit spaar! 

As jy nog steeds onder die indruk is dat voorafvervaardigde strukture gelyk is aan ‘boks huise’, is hierdie artikel beslis vir jou bedoel. Kyk net bietjie na hierdie 12 voorbeelde en geniet die potensiaal wat hulle bed in terme van styl, uitleg, ontwerp, kleur, tekstuur, ens.

1. Natuurlik is ‘n pragtige (en praktiese) stoep net een van vele elemente wat bygevoeg kan word.

homify Maisons modernes

2. Wie sou kon dink eenvoudige houtpanele (in verskillende kleure) kan so kreatief en treffend wees?

3. Ons sien hierdie hout-ontwerp iewers in ‘n tuin of agtererf staan, perfek vir ‘n kunskamer, speelplek vir die kinders, spaarkamer vir gaste, ens.

Estudios de cubiertas inclinadas 5, ecospace españa ecospace españa Maisons modernes Bois Effet bois

4. Hierdie voorafvervaardigde huis geniet beslis droom uitsigte danksy daardie tamaai vensters!

5. Watookal jou gunsteling styl, voorafvervaardigde strukture bied soveel opsies, nes hierdie kontemporêre voorbeeld vir ons wys.

homify Maisons modernes

6. Ons is mal oor die tropiese-dog-elegante ontwerp wat hierdie treffende voorbeeld geniet.

7. Klein maar getryn? Beslis!

8. ‘n Ou skeepsvraghouer vorm deel van hierdie ontwerp – twee uitmuntende boumetodes in een saamgevat!

9. Kan hierdie moderne voorbeeld jou oortuig dat voorafvervaardigde huise net so kreatief kan wees soos enige ander ontwerp?

10. Beton, rou baksteen, en aardse kleure? Klink soos die industriële styl vir ons!

11. Of as ietsie fraai meer jou ding is, kan jou voorafvervaardigde huis net so bekoorlik soos hierdie moderne ontwerp lyk.

homify

12. Danksy die houtdek wat uit hierdie moderne ontwerp vloei, geniet ons laaste voorbeeld ‘n baie oop en verwelkomende gevoel.

Lus vir nog voorbeelde? Bekyk dan hierdie 10 fantastiese voorafvervaardigde huise.

Besoin d’aide pour votre projet de maison ?
Contactez-nous !

Highlights de notre magazine