​10 slaapkamers vir dekor inspirasie

Johannes van Graan Johannes van Graan
UNA VILLA DE LUJO EN MORAIRA, Laura Yerpes Estudio de Interiorismo Laura Yerpes Estudio de Interiorismo Chambre méditerranéenne
Loading admin actions …

Die slaapkamer – dis seker die mees privaatste plek in mens se hele huis. Dis waar jy elke dag begin en afsluit; waar jy net jouself kan wees sonder enige pretensie; waar jy so rustig en passievol kan wees soos wat jy wil, want dis jou persoonlike spasie. 

Dalk is dit die mengsel van emosies en verskillende dade in ‘n slaapkamer wat daartoe kan lei dat baie mense sukkel wanneer dit kom by slaapkamer dekor. Kussings, komberse, gordyne, matte, ligte – elkeen is so belangrik soos die volgende, en tog moet hulle almal perfek saamwerk. 

Dus, om jou te inspireer vir jou slaapkamer se versierings, kyk bietjie na hierdie 10 uitstekende slaapkamers wat elkeen ‘n unieke styl aanbied. Kies jou gunsteling, neem nota’s, en vind uit presies wat dit is van daardie kamer se styl wat jou aantrek…

1. Wie sê al wat jy kort is ‘n bed? Hierdie moderne spasie bied ook ‘n bank en stoel aan wat die kamer se sagheid nog meer beklemtoon.

HOTEL CAL REIET – THE MAIN HOUSE, Bloomint design Bloomint design Chambre méditerranéenne

2. Wat van bietjie tekstuur? Hierdie “loft” slaapkamer gee ons ‘n dubbele dosis met die dak se hout en die onderste muur se bakstene.

3. Soet drome gaan jou nooit in ‘n deurmekaar kamer vind nie. Kyk net watse verandering maak hierdie rakke deur spasie te bied vir bêre plek.

4. Danksy daardie materiaal wat na onder hang, lyk hierdie treffende slaapkamer na iets uit ‘n moderne feëverhaal.

5. Hoe ligter die kleure, hoe sagter kan jou slaapkamer voorkom – kyk net hoe pragtig lyk daardie pienke en perse saam met die wit.

6. Gepraat van sagheid, ons is mal oor al die elemente wat hierdie kamer so snoesig laat lyk: daardie mat, die kussings, die beddegoed, ens.

Piso en el Eixample de Barcelona. 2013, Deu i Deu Deu i Deu Chambre originale

7. Hierdie kamer geniet ‘n effense Oosterse geurtjie danksy die laë bed en minimalistiese styl.

Hotel ShiZen, Luis Vegas Luis Vegas Chambre moderne

8. Nog ‘n kamer wat sy inspirasie van Asië gekry het, alhoewel hierdie een bietjie meer kleur en dekor geniet.

9. Niks kan by monochroom kom wanneer mens bietjie kleur kontras soek nie. En die bypassende patrone laat hierdie slaapkamer nog meer elegant lyk!

10. As rustiek meer jou smaak is, kan hierdie oulike skeppingtjie met sy ‘houthut’ styl dalk perfek werk. Onthou net om bietjie helder kleur by te voeg.

Casa Natura Blu 111, Casas Natura Casas Natura Chambre moderne

Vir nog meer styl, kyk bietjie na hierdie 10 wenke om jou slaapkamer soos ‘n hotel te laat lyk.

Besoin d’aide pour votre projet de maison ?
Contactez-nous !

Highlights de notre magazine