​Die ongelooflike Suid-Afrikaanse skeepsvraghouer huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Pop Up retreat - Shipping Container living, Edge Design Studio Architects Edge Design Studio Architects Jardin industriel
Loading admin actions …

Van al die argitektuur- and ontwerpers projekte daar buite wat iets ouds in iets nuuts verander, is skeepsvraghouer huise seker die mees besonderste. Wie sou nou ooit kon dink dat ‘n ou skeepsvraghouer wat eens op ‘n tyd vragte goedere die wêreld rond vervoer het in ‘n gemaklike (en heel stylvolle) woning omskep kon word? 

Om hierdie uitmuntende uitvindsel te vier, het ons besluit om na ‘n skeepsvraghouer huis te kyk wat deur een van ons plaaslike argitekte ontwerp is. Daarna gaan ons ook dié huisie vergelyk met ander ontwerpe om te sien hoe hulle ooreenstem in terme van styl, spasie, ens.

‘n Pragtige styl

Toemaar, niemand sal jou kwalik neem indien jy nie dadelik besef het jy kyk na ‘n huis wat eers ‘n skeepsvraghouer was nie – dit is hoe wonderlik die argitekte en ontwerpers hierdie houers verander en hulle ‘n heeltemal nuwe styl gee.  

‘n Vinnige kykie na dié een laat dit na ‘n gewone moderne/industriële-styl huis lyk, met al die normale materiale soos glas, metaal, hout, ens. Die feit dat ons weet dit was eens op ‘n tyd ‘n groot metaalhouer gee dit net daai ekstra “oemf”. 

Kom ons kyk hoe lyk hy aan die binnekant…

‘n Vars atmosfeer

Ja nee, binnekant gaan die industriële styl nog sterk aan, met verskeie “rou” oppervlaktes wat ‘n bietjie kleur en karakter gee, soos die houtplanke wat die vloer en mure versier – amper soos muurpapier met ‘n ryk tekstuur.  

Die beskeie ou kombuisie maak lekker oop aan die vars buitekant en bied dadelik ‘n oulike stoepie aan waar mens kan sit en ontspan (of kuier). Hoeveel huise het jy al gesien wat dieselfde kan doen?

‘n Ander model: Die lieflike stoep

homify Balcon, Veranda & Terrasse rustiques

Kom ons kyk bietjie na ‘n ander skeepsvraghouer huis wat ook ‘n lekker voorstoep aanbied – dié keer net groter. Alhoewel hierdie model se mure nie kan oopswaai soos die vorige een nie, bied hy tog ‘n pragtige glasdeur aan waardeur mens nog steeds die uitsig kan geniet. 

Maar ons gunsteling plek hierso is beslis daai houtdek aan die buitekant wat lieflike spasie aanbied vir ‘n paar meubelstukke en dekor, om nie eens te praat van ‘n lekker kuier saam met vriende en familie nie.

‘n Ander model: Die uitleg aan die binnekant

Living Room from above homify Salon moderne

Dis ‘n feit dat skeepsvrag huise heel klein is, wat beteken hulle het gewoonlik oopplan-uitlegte aan die binnekant om nog meer spasie te bespaar – ook maar ‘n goeie ding dat ‘n oopplan huis deesdae hoogmode is.  

Hier sien ons weer ‘n voorbeeld van ‘n ander skeepsvrag huis wat ‘n heel lekker uitleg aan die binnekant bied, en dit ook nog meer stylvol maak deur matte, rusbanke, potplante, ‘n moderne koffietafel ens. by te voeg wat maak dat ons ‘n baie gemaklike sitkamer kan geniet

‘n Ander model: ‘n Unieke buitekant

CASA TRANSPORTABLE ÁPH80, ÁBATON ÁBATON Maisons rurales

Soos ons genoem het, word baie skeepsvrag huise so goed oorgedoen en versier dat mens glad nie enige tekens kan oplet dat hulle eers net gewone metaalhouers was nie – en ons volgende voorbeeld is presies so een. 

Danksy die herwinde hout wat die hele buitekant bedek, lyk dié houer huisie heel modern, en pas boonop ook nog netjies in by sy droë veld agtergrond.

‘n Ander model: ‘n Super moderne styl

Net indien jy nog steeds nie oortuig is dat ‘n ou metaalhouer ‘n heel stylvolle huis kan word nie, bied ons jou nog een voorbeeld aan. 

Donker metaal, hout in ‘n warm en aantreklike kleur, groot glaspanele, en ‘n treflike ontwerp wat mens nie sommer aldag sien nie: lyk dit vir jou soos iets wat eens op ‘n tyd ‘n ou metaalhouer was? Vir ons ook nie! 

Vir nog ‘n voorbeeld, kyk gerus na Die Kaapse skeepsvrag huisie.

Besoin d’aide pour votre projet de maison ?
Contactez-nous !

Highlights de notre magazine